Somalië beveg steeds cholera

Die gesondheid-ministerie van Somalië en sy vennote vra nog befondsing van 105 miljoen Namibiese dollar om bedrywighede in reaksie op cholera op te skerp. Nege cholera-verwante sterfgevalle en 474 nuwe gevalle is tot dusver vanjaar in die land aangemeld. Meer as 18 300 gevalle het in 2023 voorgekom, met 55-persent wat kinders onder vyf geraak het. Nege behandelingsentrums is in verskeie distrikte opgerig. Voortgesette pogings om die siekte te bestry duur voort, insluitende gemeenskapsopvoeding asook radioboodskappe oor die veilige hantering van water en voorskrifte vir higiëne.