Solidarity Lane maak Oekraïnse graanuitvoere moontlik

Die Europese Kommissie sê terwyl Rusland aanhou om Oekraïne se hawens aan te val en voedsel as ‘n wapen te gebruik, gaan Solidarity Lane voort om graan van Kiëf na die res van die wêreld uit te voer. Solidarity Lane het tot dusver 44,4-miljoen-ton graan, oliesade en verwante produkte uit Oekraïne versend. Die kommissie het verlede jaar die Solidarity Lane-aksieplan bekend gestel om alternatiewe logistieke roetes via spoor-, pad- en binnelandse waterweë te vestig. Die kommissie sê sedert die begin van die oorlog het dit die uitvoer van ongeveer 60-persent van Oekraïne se graan moontlik gemaak.