Solidariteit waarsku oor vaardigheidstekort in metaal-, ingenieursbedryf
Die vakbond Solidariteit sê die onlangse loonooreenkoms tussen die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika en vakbonde in die bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedrywe kan lei tot ‘n massa-uittog van ambagslui. Vakbonde is ontevrede omdat die ooreenkoms geld tot 2027, en glo dit devalueer vaardige werkers. Willie Venter van Solidariteit sê teenstrydighede in voorgestelde loonverhogings wat net op op bedryfsminimumkoerse van toepassing is, lewer min ware loongroei vir vaardige werkers.