Solidariteit gee ANC ses maande op staatskapers te vervolg

Solidariteit in die buurland het die Nasionale Vervolgingsgesag ses maande tyd gegee om 21 mense te vervolg wat na bewering betrokke was by staatskaping. Die vakbond het ‘n strafregtelike saak aanhangig gemaak teen voormalige ampsdraers soos oudpresident Jacob Zuma en die gewese SAL-voorsitter, Dudu Myeni. Die aanklagte sluit korrupsie, diefstal, bedrog en wanbestuur van staatsfondse in. Die vakbond se woordvoerder, Anton van der Bijl, sê hulle wil hê die NVG moet onmiddellik met die vervolging begin: