Solidariteit bepleit verlenging van Agoa

Die vakbond Solidariteit het formeel gevra vir die verlenging van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Afrika Groei en Geleenthede-ooreenkoms met Amerika. Dit kom te midde van voortuderende hersiening van AGOA in die Amerikaanse Kongres met die ooreenkoms wat volgende jaar verstryk. Solidariteit se ekonomiese navorser, Theuns du Buisson, sê die ooreenkoms bevoordeel byna 30 000 van sy lede in sektore soos chemikalieë, motorvervaardiging, en die sitrusbedryf: