Sokkerlegende Lineker loop deur oor ‘opinie’ op sosiale media

Die voormalige Engelse sokkerkaptein Gary Lineker is deur die BBC van die lug gehaal na sy kommentaar oor Brittanje se migrasiebeleid ‘n herrie laat ontstaan het tussen die regering en die korporasie se hoogs betaalde aanbieder. Hy het premier Rishi Sunak se sogenaamde beleid oor klein bote in die Engelse-kanaal vergelyk met Duitsland in die 1930’s en sê die beleid is wreed. Hy is meegedeel dat daar ‘n ooreengekome standpunt oor sy gebruik van sosiale media moet wees voordat hy kan terugkeer. Die BBC sê sy verslaggewers, veral die met ‘n hoë profiel soos Lineker, moet onpartydig wees.