Sokker: Spanje vir die eerste keer deur na eindronde

Sokker: Spanje is deur na Sondag se eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi vir Vroue. Hulle het Swede in die eerste halfeindstryd 2-1 geklop toe al drie doele in die laaste tien minute aangeteken is. Salma Ayingono het Spanje se eerste doel in die 81ste minuut geskop en Rebecka Blomqvist het sewe minute later die gelykmaker vir Swede aangeteken. Olga Carmona het die wendoel in die 89ste minuut behaal. Spanje moet nou wag om te sien wie wen môre se ander halfeindstryd tussen die mede-gasvrou, Australië, en Engeland. Die twee verloorders speel Saterdag om die bronsmedalje.