Sokker: Spanje en Engeland vir die eerste keer in eindstryd

Sokker: Die Wêreldbekertoernooi vir vroue eindig Sondag in Sydney wanneer Engeland in die eindstryd teen Spanje te staan kom. Daar is nog twee wedstryde om te speel, insluitend môre se bronsmedalje-stryd tussen Swede en Australië, maar ‘n toernooi-rekord is reeds opgestel met 1,85 miljoen mense wat wedstryde bygewoon het. ‘n Nuwe kampioen word Sondag gekroon, met albei spanne wat die eerste keer in die eindstryd speel. Engeland se afrigter, Sarina Wiegman, is trots dat haar span die eindstryd gehaal het.