Spaanse sokker-president weier om te bedank ná soen
Sokker: Die president van die Spaanse federasie, Luis Rubiales, weier om te bedank ná bewerings van seksuele wangedrag wat verband hou met ‘n voorval ná Spanje se Wêreldbeker-eindstrydsege vir vroue. Rubiales word daarvan beskuldig dat hy die Spaanse speler Jenni Hermosa op die mond gesoen het ná Spanje se oorwinning oor Engeland. Rubiales voer aan dit was ‘n spontane, euforiese soen met toestemming. Die 46-jarige sê hy word met vals feminisme getreiter en hou vol hy sal aanhou veg vir sy onskuld, ondanks oproepe vir sy bedanking.