Sokker Premierliga bereik halfpadmerk

Met die halfpadmerk van die Debmarine Namibia Premiership-seisoen wat bereik is, is die titelwedloop nog wawyd oop met die aanbreek van die feesseisoen. Die verdedigende kampioene, African Stars, is steeds bo-aan die puntelys op 36 punte. Khomas Nampol het die naweek die maksimum punte gekry om Ongos in die tweede posisie op die puntelys te vervang met 34 punte, met Ongos wat afskuif na derde op 32. Die voorste drie spanne het nou ‘n aansienlike voorsprong bo die res van die groep opgebou, met Eeshoke Chula Chula wat in die vierde posisie is met 25 punte, 11 punte agter die leiers, African Stars.