Sokker: Man United meet vanaand kragte teen Leipzig

Sokker: Inter Milan moet vanaand vir Porto die loef afsteek om die kwart-eindronde van die Kampioeneliga te bereik. Inter is een-nul voor na die eerste skof op die San Siro en moet goed presteer in Portugal om die eerste keer sedert 2011 tot die laaste agt deur te dring. In vanaand se ander wedstryd speel Manchester City tuis teen Leipzig nadat hulle eerste wedstryd met een-elk gelykop geëindig het. City se bestuurder, Pep Guardiola, verwag ʼn goeie kragmeting.