Sokker-legendes pak mekaar

Die negende Hage Geingob-beker kompetisie Saterdag sal ook Namibiese en Suid-Afrikaanse legendes in ‘n uitstallingswedstryd in aksie sien by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die dag se aktiwiteite sal om 11-uur begin. Die Namibiese legendes onder leiding van Ricardo Mannetti, Bimbo Tjihero en Eliphas Shivute, sal hul Suid-Afrikaanse eweknieë onder leiding van Doktor Khumalo, Lucas Radebe en Steve Lekolea aandurf. In die laaste wedstryd van die dag sal die verdedigende Premier Sokkerliga kampioene, African Stars, en die gewilde Eeshoke Chula Chula om die Dr Hage Geingob-beker meeding. Die hoof-sportadministrateur by die Namibië Sportkommissie, Freddy Mwiya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die jeug kan hier oor die land se sokkergeskiedenis leer.