Sokker: Guardiola mik na tweede driekuns
Sokker: Pep Guardiola sal die eerste afrigter in die geskiedenis word om die driekuns twee keer te wen as Manchester City vanaand vir Inter Milan verslaan in die eindstryd van die Kampioeneliga in Istanbul. Guardiola het reeds in 2009 by Barcelona die liga-titel, die plaaslike beker en die Kampioeneliga gewen, en hy en Man City is op koers om die tiende span te word wat dit vermag. Man City het in 2021 se Kampioeneliga-eindstryd teen Chelsea verloor en Guardiola hoop hulle kan vandag een stappie verder gaan.