Sokker: Brighton kwalifiseer eerste keer vir Europese Liga
Sokker: Brighton het vir die eerste keer in hul geskiedenis vir die Europese Liga gekwalifiseer ná hulle gelykopwedstryd van een-elk teen Manchester City in die Premierliga. Die pas bekroonde kampioene, City, het vroeg voorgeloop na Phil Foden se doel in die 25ste minuut, maar die 19-jarige Julio Enciso se skitterende doel het die telling gelykop gemaak. Die welverdiende punt het vir Brighton ‘n plek onder die topses verseker en hulle plek in die groepfase van volgende seisoen se Europese Liga bespreek. Met hierdie gelykop-telling het City se reeks van 12 agtereenvolgende oorwinnings in die Premierliga egter tot ‘n einde gekom.