Sokker: Banyana-afrigter oorstelp van vreugde ná sege

Sokker: Suid-Afrika speel Saterdag teen Nederland in die uitklopfase van die Wêreldbekertoernooi vir Vroue, nadat hulle vanoggend geskiedenis gemaak het in Hamilton, Nieu-Seeland. Banyana Banyana het hulle heel eerste Wêreldbekerwedstryd gewen om tot die laaste 16 deur te dring. Thembi Kgatlane het in bykomende tyd ʼn doel behaal en Suid-Afrika het Italië met 3-2 verslaan om tweede na Swede te eindig in Groep G. Afrigter Desirée Ellis was oorstelp nadat haar spelers in die eerste wedstryd teen Swede verloor, maar daarna gelykop gespeel het teen Argentinië.