SOE’s ‘moet werkers help om Nsfaf skuld te betaal’
Die Namibiese Studente-hulpfonds, Nsfaf, vra staatsondernemings om te help om geld wat hulle werknemers hom skuld, af te betaal. Hierdie oproep is gemaak deur die fonds se maatskappysekretaris, Fillemon Immanuel, by ‘n vergadering van 57 staatsondernemings se uitvoerende hoofde en senior bestuur. Immanuel sê die ingryping is om 12,5 miljard Namibiese dollar in te vorder wat meer as 130 000 voormalige begunstigdes die fonds skuld. Immanuel vra die ondernemings om debiteure te identifiseer en interne reëlings in plek te stel wat begunstigdes in staat sal stel om hul skuld te betaal en studente in nood te help.