Soektog van stapel gestuur vir vermiste Namibiese vragmotorbestuurder in SA

‘n Namibiese vragmotorbestuurder, Anton Gawanab is sedert Sondag middag vermis. Hy het ‘n vrag na OR Tambo Internasionale Lughawe gehad en is vermoedelik daar gekaap. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike maatskappy vir wie Gawanab werk gepraat. Sy vragmotor, is gevind, ter elfder uur, en die sleepwa die volgende oggend, maar Gawanab het spoorloos verdwyn. Die Suid-Afrikaanse polisie en rolspelers stel ook ondersoek in.