Soektog na Mej. Namibië 2023 begin

Die soektog na die volgende Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië het amptelik afgeskop. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart. Inskrywingsvorms vir 2023 is beskikbaar op die sosiale mediaplatforms van Mej. Namibië, Mej. Tiener Namibië en die Namibiese Uitsaaikorporasie, asook op die NBC-webwerf en by alle NBC-streekkantore landwyd. Inskrywingsvorms kan per e-pos ingedien word.