Soek jy ‘n Ferrari? Koop hom met kripto

Ferrari het begin om betaling in kripto-geldeenhede vir sy luukse sportmotors in die VSA te aanvaar en sal die skema na Europa uitbrei na versoeke van sy kliënte. Die oorgrote meerderheid maatskappye laat nie die eenhede toe nie omdat hulle wisselvallig is en nie voldoende beheer word nie. Dit sluit in die elektriese motorvervaardiger Tesla wat in 2021 betaling in bitcoin, die grootste kripto-eenheid, begin aanvaar het voordat Elon Musk, uitvoerende hoof, dit gestaak het. Volgens Ferrari handel die besluit ook oor die maatskappy se koolstofvoetspoor en die gebruik van hernubare bronne.