Soedan: Een uit elke twee ly honger

Daar is ‘n realistiese kans op hongersnood in 14 gebiede regoor Soedan as die oorlog wat in April verlede jaar begin het eskaleer. Een uit elke twee landsburgers het voedseltoekorte. Daar word beaam dat daar ‘n ernstige en vinnige verswakking van die voedselsekerheidsituasie in Soedan sedert Desember voorkom, en dat dit die ergste vlakke van honger in 20 jaar in die land. Meer as 25,6 miljoen mense, of meer as die helfte van die bevolking, het nie genoeg kos op ‘n daaglikse basis nie.