SOE se ondersoek na NSFAS verwelkom

Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan AfriForum se korrupsieklag teen Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ondersoek, waarby die minister van Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, en die gewese raadsvoorsitter van die fonds, Ernest Khosa, betrek word. Dit volg nadat ‘n amptelike klagte in Januarie by die Openbare Beskermer ingedien is. AfriForum se Veldtogbeampte, Charné Mostert, sê die oordrag van die saak na die eenheid is ‘n positiewe stap tot geregtigheid: