SOE lê beslag op R52m se bates in Covid-19 korrupsiesaak
Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat met die Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Die Ondersoekeenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Openbare Werke-departement in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in hulle visier. Hy sê die span het sowat 34 plekke geteiken.