So raak ons selfvoorsienend met mielies

Die Namibiese Akkerbouraad sê die land sal ongeveer 844 miljoen Namibiese dollar moet belê om grond te besproei om die gaping tussen huidige mielie-produksie en nasionale verbruik te oorbrug. Volgens die hoof van die raad, Fidelis Mwazi, verbruik die land tans 200 000 metrieke ton wit mielies jaarliks met produksie wat wissel afhangende van reënval. Hy sê dat die land 22 000 hektaar sal moet besproei om selfvoorsienend te wees. Tans het Namibië slegs 6 022 hektaar onder besproeiing, hierdie kapasiteit voorsien slegs 27 persent van die nasionale vraag.