So probeer Namibië TB bestry: Nangombe

Vandag is Wêreld-TB-dag. Namibië is ‘n land met ‘n hoë tuberkulose-las met ‘n geraamde voorkoms van 460 gevalle per 100 000 mense, of ongeveer 12 000 gevalle per jaar. Ongeveer 4,5 persent van nuwe gevalle en 7,9 persent van voorheen behandelde TB-gevalle is multi-middel-weerstandig, en 47 persent van hierdie pasiënte het ook MIV. Namibië is onder die top vyf lande, wat die hoogste las van TB sowel as multi-middel-weerstandige TB dra. Dit is ten spyte van die feit dat die siekte behandelbaar en voorkombaar is. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van die gesondheid-ministerie, praat oor die ingrypings wat die regering implementeer.