So moet jy maak met amptelike motorstoete

Duisende roubeklaers en vele buitelandse hooggeplaastes word hierdie week in Namibië verwag om die amptelike herdenking en begrafnis van president Hage Geingob by te woon. Die gedenkdiens sal Saterdag gehou word, terwyl die staatsbegrafnis Sondag sal plaasvind. Adam Eiseb, die adjunkhoof van die Windhoek Stadspolisie, verduidelik die reëls wanneer motoriste ‘n amptelike motorstoet teëkom.

Indien jy versuim om voorrang aan die motorstoet te gee, is jy skuldig aan ‘n oortreding en kan swaar gestraf word.