So maak mens om eksplorasielisensies te kry

Die operateurs van Erindi Privaat Wildreservaat het ‘n tussentydse interdik teen mynbou-eksplorasie-aktiwiteite in die reservaat verkry. ’n Dringende aansoek om die interdik is gebring as deel van ’n hersieningsaansoek om die uitreiking van ’n eksplorasielisensie vir mynbedrywighede te betwis. Erindi sê die gebied wat deur die lisensie gedek word val binne die reservaat se grense. Paul Joubert, hoofbestuurder van Erindi, het gewaarsku dat myn- en eksplorasiebedrywighede ernstige gevolge vir die omgewing, diere en die reservaat se bedrywighede sal inhou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ten Hasheela, die woordvoerder van die myne-ministerie, wat die regsprosesse verduidelik om ‘n eksplorasielisensie te bekom.