So lyk Trump se planne om Europa-oorlog te beëindig
Adviseurs van Donald Trump het voorstelle om die oorlog in Oekraïne te beëindig wat groot dele van die land vir die afsienbare toekoms aan Rusland sal afstaan. Reuters berig dat drie sleuteladviseurs, insluitend Trump se inkomende Rusland-Oekraïnse gesant, afgetrede Luitenant-generaal Keith Kellogg, sal ook Navo-lidmaatskap vir die Oekraïne van die hand wys. Trump se raadgewers sal probeer om Moskou en Kiëf tot onderhandelings te dwing, insluitend om militêre hulp aan Kiëf te staak maar om hulpverlening te versterk as die Russiese president Vladimir Putin weier.