So lyk toelaatbare groente-invoere vir April
Die Namibiese Akkerbouraad het aanpassings gemaak aan die grenssluitings vir April. Die grens is gesluit vir invoere van botterskorsie, kool, Engelse komkommers, groen soetrissies, pampoen en waatlemoen. Dit is oopgestel vir wortels, skorsies, uie, aartappels tamaties en spanspek. Pro-rata invoere van beet, gekleurde soetrissies, patats, soetmielies, iceberg-blaarslaai en spinasie word toegelaat.