So lyk Pride-maand se planne
Dit is internasionale Pride-maand en organisasies regoor Namibië beplan geleenthede om die gemeenskap te vier. Pride is ook ‘n tyd om erkenning te gee aan die stryd wat voortduur vir LGBT-gemeenskappe regoor die wêreld. Diskriminasie, geweld en gebrek aan toegang tot geleenthede is algemeen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lize Ehlers, LGBT-aktivis en Drag Night Namibia-medestigter, oor die gebeure wat vir Pride-maand beplan word.