So lyk ‘kennel cough’ se simptome, en so maak mens
Daar is tans ‘n uitbreking van sogenaamde ‘kennel cough’ of woefkroep is in Windhoek aangemeld. Die infeksie veroorsaak keelseer en die hond begin hoes. Dit is hoogs aansteeklik en eienaars kan dit oordra aan hul honde as hulle in kontak was met ‘n hond wat dit het. Die enigste manier om dit te verhoed is inentings maar, daar is behandeling indien jou hond dit opgedoen het. Dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartseny Kliniek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.