So lyk die riviere, en Ruacana

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Zambezi-rivier se vlakke is op 1,56 meter gemeet. Dit is baie laer as die 2,77 meter wat verlede jaar die tyd voorgekom het. By die Okavango-rivier op Rundu is vlakke baie hoër as verlede jaar s’n met 5,57 meter teenoor 4,56 meter in 2023. Ruacana presteer steeds baie goed op 316,3 kubieke meter per sekonde teenoor ‘n skamele 59,3 wat in 2023 aangeteken is. Die diens het nie syfers van Blouputs en Sendelingsdrif in die Oranje-rivier nie maar die laaste lesings toon vlakke van onderskeidelik 1,26 meter en 1,56 meter.