So lyk die kwessies wat Alweendo en Ramokgopa sal bespreek

Meer inligting is bekend oor die samesprekings tussen Suid-Afrika se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en Tom Alweendo in die hoofstad vandag. Ramokgopa het ‘n afvaardiging van onder andere Eskom saamgebring en verteenwoordigers van NamPower, Namcor, en die groen-waterstof-kantoor sal ook deel van die gesprekke wees. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie van myne en energie sê voorsiening van elektrisiteit sal onder die loep kom.