So lyk die jongste oor La Niña

Die jongste weervoorspellings vir Namibië dui daarop dat die La Niña-verskynsel waarskynlik die komende reënseisoen sal beïnvloed. Hoewel La Niña die kanse op reënval verhoog, waarborg dit nie konsekwente en wydverspreide neerslae nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het ‘n opdatering oor La Niña en Namibië gegee in die jongste AMT-weervoorspelling.