So lyk die grense vir groente in Julie

Die Namibiese Akkerbouraad het die grenssluitings vir Julie bekend gemaak. Die grens is tans gesluit vir invoere van beet, botterskorsie, kool, Engelse komkommer, uie, pampoen, patats, en ronde tamaties. Invoere van wortels, aartappels, waatlemoen, spanspek en soetmielies word toegelaat. Pro-rata invoere is van toepassing op gekleurde soetrissies, groen soetrissies, skorsies, iceberg-blaarslaai, spinasie, konfyt-tamaties en kersie-tamaties.