So lyk Calle se droombegroting
Finansminister Ipumbu Shimii sal die begroting vir die 2024/2025 finansiële jaar op 28 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Die landbou, water en grondhervorming-ministerie het ‘n totaal van 2,4 miljard Namibiese dollar in 2023/2024 ontvang, wat 22,1 persent hoër was as die vorige jaar. Dit het spesifieke toekennings vir waterinfrastruktuur-opknapping en -ontwikkelingsprogramme ingesluit. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou-minister Calle Schlettwein gesels oor wat sy droombegroting is.
Schlettwein sê dat sy ministerie doen wat hulle kan met dit wat hulle kry.