So lyk besettingsyfers vir Februarie

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die besettingskoers vir Februarie vanjaar is op 31,7 persent gemeet, dieselfde syfer as wat in Januarie aangeteken is. Namibiërs het 55 persent van alle gaste uitgemaak gedurende die maand, wat uiters laag is maar, die firma voeg by dat die styging in lewenskoste en die van brandstof waarskynlik die dryfveer hiervoor is. Namibië se tradisionele mark is ook onveranderd met 37,5 persent van alle besoekers wat afkomstig was van Duitsland, Switserland en Oostenryk. Net meer as 5 persent was van Suid-Afrika afkomstig. Gaste vanuit die VSA en Kanada het verdubbel teenoor die syfers van Februarie verlede jaar. Groot hotelle was die meeste beset, op 62,3 persent. Theo Klein van Simonis Storm sê die ITB in Berlyn sal Namibiese toerisme ‘n hupstoot gee.