So kan land beskerm word teen KI-sekuriteitsimplikasies

Namate Kunsmatige Intelligensie-tegnologie vorder, staan Namibië op die drumpel van ongekende geleenthede om nywerhede te hervorm en die lewenskwaliteit van burgers te verhoog. Van die verhoging van produktiwiteit in landbou en vervaardiging tot ‘n rewolusie in gesondheidsorg-lewering en vervoerstelsels, lyk die potensiële toepassings van KI onbeperk. Daar is egter steeds kommer oor die sekuriteitsimplikasies van KI. Cornelia Shipindo, die bestuurder van kuberveiligheid by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, gee insig oor maatreëls wat Namibië kan tref om homself te beskerm.