So het voedselpryse vir Julie gestyg
Die Namibiese Statistieke-agentskap het inflasie-syfers vir Julie bekend gemaak. Op ‘n jaargrondslag is koffie en tee is 15,1 persent duurder met vrugte wat jou 14,8 persent uit die sak jaag. Suikerprodukte het met 8,7 persent gestyg terwyl suiwel en eiers 5,9 persent duurder is. Koeldrank, sap en minerale water kos 5,8 persent meer en groente 4,6 persent. Vleis is met 3,8 persent op en vis met 3 persent. Brood en grane kos 2,5 persent meer en olies en vette is 2,3 persent duurder.