So het voedselpryse in Junie vertoon

Inflasie is op 4,6 persent gemeet vir Junie. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die voedselprysstygings vergeleke met Junie 2023 so uiteengesit. Koffie en tee is op met 14,4 persent terwyl vrugte 13,4 persent duurder is. Suiker produkte is op met 10,1 persent terwyl koeldrank en sap 5,5 persent duurder is. Groente is ook 5,5 persent duurder en suiwel en eiers op is met 5,1 persent. Vis is 4,6 persent duurder en vleis, 3,5 persent. Olies en vette kos 1,5 persent meer en brood en grane, 0,3 persent.