So het voedselpryse in Julie vertoon…
Inflasie vir Julie is op 4,5 persent gemeet, teenoor 5,3 persent in Junie en 6,8 persent in Julie verlede jaar. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap dra voedselpryse 14,8 persent tot die verbruikersmandjie by. Die agentskap sê vergeleke met verlede jaar Julie is groente op met 18,1 persent terwyl vis 12,6 persent duurder is. Vleis jaag jou 9,2 persent uit die sak uit met brood en grane wat 13,3 persent duurder is. Vrugte is op met 13,2 persent. Suiker en verwante produkte kos 10,5 persent meer met suiwel wat 8,2 persent duurder is. Koffie en tee is 6 persent duurder vir die eerste keer in meer as ‘n jaar, het die prys van olies en vette met 4 persent gekrimp en is dus 4 persent goedkoper as in Julie 2022.