So bevoordeel presisieboerdery landbou
Presisieboerdery is ’n hoëtegnologie-benadering tot landbou wat data en tegnologie gebruik om gewasproduksie te optimaliseer. Dit stel boere in staat om hul landerye met groter akkuraatheid te bestuur, deur insette soos water, kunsmis en plaagdoders aan te pas by die spesifieke behoeftes van verskillende gebiede binne ‘n veld. Dit lei tot verhoogde doeltreffendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Theo de Jager, die president van die Wêreldboere-organisasie, oor die voordele van presisieboerdery.