Sneeustorting in Tibet eis minstens 28 lewens

Minstens 28 mense is dood in ‘n sneeustorting in die stad Nyingchi in die suidwestelike streek van Tibet. Altesaam 53 oorlewendes is gevind, van wie vyf ernstig beseer is. Die sneeustorting het verskeie voertuie buite ‘n tonnel op die hoofweg, van die pad gevee. Reddingswerk op die toneel is afgehandel. Plaaslike owerhede het altesaam 1 348 mense en 236 toerusting gestuur om te help om ‘n reddingspad van 7,5 kilometer uit te grawe. Niyingchi is sowat 4 500 meter bo seespieël in die Doxong La-berge geleë met sneeu vanaf die steil hellings wat die pad versper het.