Smokkelary van meel, groente vier hoogty in Zambezi

Owerhede het kommer oor die volgehoude smokkelary van mieliemeel vanuit Zambië. Sedert 2004 is die buurland selfvoorsienend. Die meel is uiters goedkoop in Zambië en kos rondom 71 Namibiese dollar vir ‘n 25-kilogram sak maar, wanneer dit oorgrens gesmokkel word, word die prys opgestoot na tussen 250 en 350 dollar vir die sak. Plaaslike media berig dat talle inwoners van die Zambezi-streek erken hulle gebruik die produk omdat dit goedkoper is. Ander produkte word ook oorgesmokkel soos boontjies en patats. Op Katima Mulilo se strate kan verbruikers tien patats koop teen 10 dollar ‘n sak. Die streek het groot uitdagings met misoeste. Daar is gebiede wat droogte ervaar terwyl ander weer oorstroom is en landerye is steeds onder water.