Smokkelary, selfone ens., onder beheer in Namibiese tronke

Die Namibiese Korrektiewe Dienste se kommissaris-generaal Raphael Hamunyela sê hulle lê nog steeds beslag op selfone van gevangenes, asook korrektiewe beamptes. Vyf korrektiewe beamptes is die afgelope maand geskors oor bewerings van smokkelary van onwettige goedere in selle. Hamunyela sê die situasie is onder beheer oor dwelmsmokkelary en ander onwettige goedere. Vir jare word onwettige goedere soos dwelms, wapens en selfone in selle gesmokkel. Hamunyela gesels met Kosmos 94.1 Nuus.