Smokkelary duur voort op weeklikse misdaadverslag

Die polisie se misdaadverslag maak melding van ‘n geval van koperdiefstal wat volgens die Namibiese haweowerheid tussen 20 Desember en 12 Januarie by die Walvisbaai-hawe plaasgevind het. Daar word beweer dat 40 meter se koperkabels by twee bystands-kragopwekkers ter waarde van 50 280 Namibiese dollar gesteel is en niemand het dit agtergekom voor 12 Januarie nie. Intussen was daar weer talle beslagleggings van Angolese Best Whiskey en Yes-sigarette en verskeie inbrake en diefstal. Die poskantoor op Gibeon het ook deurgeloop. ‘n Man het die werknemers aangerand en weggekom met amper 22 000 Namibiese dollar in kontant sowel as lugtyd, en ses selfone. Die totale skade beloop amper 29 000 dollar.