Smokkel van Angolese brandstof vier hoogty

Daar blyk geen einde te wees aan die brandstofsmokkelary uit Angola na die noorde van Namibië nie, ondanks polisie-operasies om dié oorgrens-misdaad te voorkom. Operateurs op die sogenaamde swart mark smokkel brandstof onwettig in en desperate Namibiese motoriste koop dit goedkoop te midde van hoë brandstofpryse in die land. Die gesmokkelde brandstof beroof die Namibiese regering van inkomste aangesien geen heffings en belasting betaal word nie. Die Angolese minister van energie het ook gesê hy sal help om brandstofsmokkelary te bekamp. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, het sy lot aan Kosmos 94.1 Nuus bekla met die situasie wat steeds vererger.