Smith-Howard en IPC vlugtig in die hof vandag

Die saak waar Ciske Smith-Howard die Independent Patriots for Change dagvaar om haar skorsing ter syde te stel, sal weer vandag in die hoërhof voorkom. Sy vra ook vir ‘n bevel dat enige eise deur die party om haar te dissiplineer nietig verklaar word.  Luidens die bevel deur regter Herman Oosthuizen, sal die saak tot 8 Augustus uitgestel word vir ‘n voorverhoor-konferensie en die partye moet hul stukke in die verband indien. Intussen is Smith-Howard in Mei vanjaar uit die party geskop en haar posisie as raadslid sal gevul word met ‘n tussenverkiesing op 12 Augustus. Een onafhanklike kandidaat, Willard Narib, ‘n mynwerker, en sewe kandidate van die verskeie partye sal in die verkiesing staan.