Smit, Erasmus onder top-10 T20-Wêreldbeker kolwers

Twee kolwers van Namibië se Richelieu Eagles is op die lys van top-10 kolwers by die IKR T20-Wêreldbeker. JJ Smit is in die tweede posisie met ‘n kolfgemiddelde van 39,3 en ‘n kolftempo van 148,8 persent. Dit is net onder Tim David van Australië wat ook ‘n kolfgemiddeld van 39,3 het, maar ‘n kolftempo van 163,6 persent. Phil Salt van Engeland is in die derde posisie met ‘n kolfgemiddeld van 35,5. Namibië se kaptein, Gerhard Erasmus, is in die sewende plek met ‘n kolfgemiddeld van 32,6 en ‘n kolftempo van 122,95 persent.