SME’s kry verligting in BTW tydens begroting

Die finansminister Iipumbu Shiimi het tydens die begroting aangekondig dat die registrasiedrempel vir belasting op toegevoegde waarde, oftewel BTW, van 500 000 Namibiese dollar tot ‘n miljoen dollar vir kleinsake opgestoot is. Volgens die minister sal die verhoging van die drempel ongeveer 23 000 klein en medium ondernemings van BTW-administrasie onthef, wat hulle in staat sal stel om op hul kernaktiwiteite te fokus, en terselfdertyd kapasiteit by die Namibië Inkomste-agentskap vry te stel om op groot belastingbetalers te fokus.