SME’s kort dringend mentorskap, kritieke sektor vir werkskepping
Daar is minstens 40 000 klein en medium ondernemings in die land, wat meer as 200 000 Namibiërs ondersteun en sowat 12 persent tot die BBP bydra. Dit is volgens nasionale diens adjunkminister Emma Kantema-Gaomas, wat by die BaseCamp Founders Nexus Fireside Series gesê het hierdie besighede is die ruggraat van die ekonomie. Hulle speel ‘n deurslaggewende rol in ontwikkeling, veral in landelike gebiede, die oorbrugging van ekonomiese gapings en stimulasie van plaaslike ekonomieë. Die sektor staar egter aansienlike uitdagings in die gesig, insluitend beperkte toegang tot finansiering en ‘n 75 persent mislukkingsyfer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josef Sheehama, ‘n ekonoom en sakenavorser, wat sê ‘n gebrek aan mentorskap dra by tot die hoë mislukkingsyfer.